WELKOM BY DIE OUTENIQUATAK VAN DIE
BOND VAN OUD-POLISIEBEAMPTES
Ons wil jou graag verwelkom en glo dat jy die onderlinge kameraadskap, harmonie, vriendskap, hulpvaardigheid en gemeenskaplikheid saam met ons sal ervaar.
By ons tak sien ons nie slegs om na die reёl van sosiale byeenkomste nie (alhoewel ons probeer om mekaar gereeld te sien en lekker saam te kuier), maar waak voortdurend oor die welsyn van ons lede. Daarom ondersteun ons die lede van die tak wanneer hulle in die algemeen hulp nodig het, en verskaf ook hulp waar pensioen- en mediese voordele ter sprake is. Ons bou en onderhou gevolglik goeie verhoudinge met instansies wat ons kan help om ons lede te ondersteun. Die tak is, as voorbeeld, dankbaar vir sy verhouding met die Bejaardesorgfonds vir Afgetrede Polisiebeamptes (“Elderly Care Fund for Retired Police Officials”, sien www.bsfonds-ecfund.co.za).
Die tak, met behoorlike inagneming van sy relatiewe onafhanklikheid soos beskryf in artikel 10.8.3 van die Bond se Grondwet, onderneem ook om belange wat deur die Hoofbestuur van die Bond geïdentifiseer word, te ondersoek met die oog op die moontlike bevordering daarvan.
Die grondslag van die interne verhoudinge in ons tak is een van onderlinge vertroue. Die woord ‘fiducia’ (uit Latyn) beteken ‘vertroue’. Ons koppel dus hierdie onderlinge vertroue ten nouste aan die fidusiêre verpligting wat op die lede se verkose Takbestuur geplaas word. Elke lid van die Takbestuur is ‘n fidusiêr, ‘n trustee wat namens die lede van die tak optree in die belang van die lede, eerder as vir eie gewin. Dit is ‘n vennootskap van wedersydse vertroue.
Lekker lees!
(En moet asseblief nie huiwer om bydraes in te stuur na enige van die Takbestuurslede nie …)
WELKOM BY DIE
OUTENIQUATAK VAN DIE

BESTUUR VAN DIE TAK

FRANS LINDE
VOORSITTER
CHRIS BOTHA
ONDER VOORSITTER
MARIAAN LINDE
SEKRETARIS

ANNALENE BOTHA
TESOURIER
JAN MEYER
ADDISIONELE LID
GERT COETZEE
ADDISIONELE LID

Gerrit Bruwer
ADDISIONELE LID
BESTUUR VAN DIE TAK

FRANS LINDE
VOORSITTER

CHRIS BOTHA
ONDER VOORSITTER

MARIAAN LINDE
SEKRETARIS

ANNALENE BOTHA
TESOURIER

JAN MEYER
ADDISIONELE LID

GERT COETZEE
ADDISIONELE LID

Gerrit Bruwer
ADDISIONELE LID
NUUTSTE gebeurtenis

Sluit by ons aan vir die Liga van Voormalige Polisiebeamptes Outeniqua-tak Gholfdag op 30 Mei 2025 by Mosselbaai Gholfklub! Geniet ‘n wonderlike dag op die baan ter ondersteuning van die liga se doelwitte.
Moenie dit misloop nie!

NUUTSTE NUUS
Dit is vir my as voorsitter van die Outeniquatak van die Bond van Oud Polisiebeamptes ‘n voorreg om ons eerste nuusberig te plaas op ons nuwe webtuiste wat vir ons geskep is deur Liezel-Mari Guse eienares van Butterfly Creative Concepts. Die Takbestuur het na deeglike mark navorsing besluit om van Liezel-Mari se dienste gebruik te maak. Haar kwaliteit van werk is van hoogstaande gehalte.
Ons as Takbestuur glo en vertrou dat u as ‘n lid van die Bond die webblad interessant en gebruikersvriendelik sal ervaar. Dit is ‘n poging om kommunikasie tussen ons as lede te verbeter maar ook om ons Bond op die platform weier te bemark.
Ons sien baie uit na ons jaareind funksie wat sal plaasvind op 5 Desember 2024 om 11:00 by Blanco NG Kerksaal, George. Ons is ook dankbaar dat ons bykans 80 lede bymekaar gaan wees om 2024 te groet en vir onsself doelwitte te stel vir 2025. Daar is reeds ‘n paar mooi voorstelle op die tafel om 2025 vir ons as Bond lekker te maak. Ek dink aan gassprekers om ons in te lig oor sake wat vir ons belangrik is: Golfdag om vir ons fondse te in; Skietoefening by een van ons Bondslede, James van der Linde, se skietbaan; betrokke te raak by gedenkdienste wat van tyd-tot-tyd gehou word in ons dorpe soos die afgelope “Rememberance Day Memorial Parade”, wat onlangs in Mosselbaai gehou was en waar ons as Bond ook teenwoordig was. Dit is om maar net ‘n paar aktiwiteite te noem.
Ons as Takbestuur wens u almal ‘n Geseende Christus Feestyd toe en ons dink aan hulle wat die feestyd alleen sal wees. Mag die Here se genade vir ons as Bond en sy lede groot wees.
Groete
Frans

DESEMBER VERJAARSDAE
KOL | VAN ROOYEN | POERIE | 1 DESEMBER |
|
SERS (V) | DU TOIT | JACKIE | 2 DESEMBER | |
MEV | VAN DER WESTHUIZEN | JAKKIE | 5 DESEMBER |
|
MEV | BARENDSE | DALENE | 9 DESEMBER |
|
MAJ | JONES | STAN | 12 DESEMBER |
|
KAPT | MYBURGH | STEFAN | 16 DESEMBER |
|
MEV | KRETSENGER | ELSA | 17 DESEMBER |
|
MEV | THEART | ALTA | 22 DESEMBER |
|
KOL | SALES | MICHAEL | 23 DESEMBER |
|
MEV | HATTING | MATTIE | 24 DESEMBER |
|
KAPT (V) | VAN DER HOVEN | MARLENE | 26 DESEMBER |
|
MEV | ZANDBERG | LENA | 31 DESEMBER |