Die Outeniquatak van die Bond van Oud Polisiebeamptes se Algemene Jaarvergadering is op 19 Maart 2026 by De Dekke, Grootbrakrivier gehou.
Sewentig (70) van ons lede het die vergadering bygewoon waartydens die nuwe bestuur verkies is. Die uitgaande bestuur is eenparig herverkies behalwe Jan Meyer wat versoek het om ‘n ruskans te neem. Thom Peeters is verkies as die derde addisionele lid. Ons verwelkom Thom en ons weet dat Thom ’n positiewe bydrae sal lewer om ons lede van die Outeniquatak te dien.
Die bestuur is dan soos volg:
Voorsitter           Frans Linde
Onder Voorsitter       Gerrit Bruwer
Sekretaris           Mariaan Linde
Tesourier            Maretha Henning
Addisionele lede     Gert Coetzee, Kobus Kuyler en Thom Peeters
Pastorale Sorg       Dawie Kotze
Gekoöpteerde funksie komitee: Leonie Coetzee, Ina Meyer en Dossie Bell
Die volgende funksies word vir 2026 beplan
- 25 Junie 2026 – Potjiekos by NG Kerk Mosselbaai, Moedergemeente
- 17 September 2026 – Brinkleys Kleinbrakrivier
- 12 November 2026 – Kerkafsluiting NG Kerk Mosselbaai, Moedergemeente
‘n Spesiale fondsinsamelings projek in die vorm van ‘n dans,  is ook deur die lede aanvaar. Datum moet nog gefinaliseer word, maar ons probeer om die dans by De Dekke aan te bied gedurende Augustus 2026.
Hoogtepunte vir 2025, is die suksesvolle aanbied van ons Golfdag met spesiale vermelding van Dean Burmester se persoonlike boodskap aan ons tak ter ondersteuning van ons dag.
Ons wil ook ons lede bedank vir 100% lede bydrae ontvang vir die jaar 2025.
Bykans 40 besoeke aan ons lede wat persoonlike ondersteuning benodig het, is met groot liefde en deernis deur Frans en Mariaan Linde gedoen.
As Takbestuur sien ons uit om saam met ons lede ‘n sukses te maak van 2026, saam sal ons ‘n verskil maak.
Groete
Takbestuur