You are currently viewing Outeniquatak Nuus: Belangrike Datums en Dank aan Ons Lede – Vooruit na 2026!

Outeniquatak Nuus: Belangrike Datums en Dank aan Ons Lede – Vooruit na 2026!

Goeiedag Mede Bondslede

Die nuwe jaar het regtig so vining aangebreek dat Februarie  2026 alweer ook sy halfpad merk nader.

Ons as Takbestuur het reeds ons eerste vergadering gehou en beplanning vir 2026 is in beginsel goedgekeur.

Die volgende datums is van belang:

19 Maart: Algemene Jaarvergadering om 11:00 by De Dekke, Grootbrakrivier

25 Junie: Potjiekos dag –  Mosselbaai NG Moedergemeente se klipkerksaal

17 September: Informele byeenkoms – Plek om te finaliseer

19 November: Kerkafsluiting – Mosselbaai NG Moedergemeente

Die moontlikheid word ook ondersoek om ‘n lentedans aan te bied as ‘n fondsinsamelingsprojek.  Ons projekleier Kobus en Janean Kuyler.  Hou die spasie dop, dit gaan ‘n fees wees.

Dit is ook vir ons aangeneem om te kan sê van ons totale ledetal van 252 lede, kwalifiseer 208 lede vir die betaling van ledegeld en 44 lede 80 jaar en ouer  geniet  ere lidmaatskap.  Al 208 lede se ledegeld vir 2025 is opbetaald.  Ons wil aan ons lede baie dankie sê vir julle positiewe gesindheid en betrokkenheid by die Bond.

Lidmaatskapfooi vir 2026 is ook reedes bepaal teen R100 per lid en is betaalbaar vanaf  1 Januarie 2026.  Ons wil ook hier ons lede bedank vir betalings reeds gemaak.

Namens myself wil ek ook ‘n spesiale dank uitspreek aan ons sekretaresse Mariaan Linde vir haar insette en harde werk om ons administrasie op ‘n baie professionele vlak te kon kry en dit daagliks opdateer.  Daar is werklik baie ure se werk ingesit.  Vir die res van die bestuur wil ek ook bedank vir hulle positiewe gesindheid en betrokkenheid met die bywoon van alle Takbestuursvergaderings en aktiwiteite van die Outeniquatak van die Bond.

Ons wens die Outeniquatak Bondslede en bestuur ‘n voorspoedige 2026  toe en laat ons altyd onthou ons is daar vir mekaar.

Groete – Frans Linde | Voorsitter