You are currently viewing Nuwe webtuiste vir die Outeniquatak van die Bond van Oud Polisiebeamptes

Nuwe webtuiste vir die Outeniquatak van die Bond van Oud Polisiebeamptes

Dit is vir my as voorsitter van die Outeniquatak van die Bond van Oud Polisiebeamptes ‘n voorreg om ons eerste nuusberig te plaas op ons nuwe webtuiste wat vir ons geskep is deur Liezel-Mari Guse eienares van Butterfly Creative Concepts. Die Takbestuur het na deeglike mark navorsing besluit om van Liezel-Mari se dienste gebruik te maak. Haar kwaliteit van werk is van hoogstaande gehalte.

Ons as Takbestuur glo en vertrou dat u as ‘n lid van die Bond die webblad interessant en gebruikersvriendelik sal ervaar. Dit is ‘n poging om kommunikasie tussen ons as lede te verbeter maar ook om ons Bond op die platform wyer te bemark.

Ons sien baie uit na ons jaareind funksie wat sal plaasvind op 5 Desember 2024 om 11:00 by Blanco NG Kerksaal, George. Ons is ook dankbaar dat ons bykans 80 lede bymekaar gaan wees om 2024 te groet en vir onsself doelwitte te stel vir 2025. Daar is reeds ‘n paar mooi voorstelle op die tafel om 2025 vir ons as Bond lekker te maak. Ek dink aan gassprekers om ons in te lig oor sake wat vir ons belangrik is: Golfdag om vir ons fondse te in; Skietoefening by een van ons Bondslede, James van der Linde, se skietbaan; betrokke te raak by gedenkdienste wat van tyd-tot-tyd gehou word in ons dorpe soos die afgelope “Rememberance Day Memorial Parade”, wat onlangs in Mosselbaai gehou was en waar ons as Bond ook teenwoordig was. Dit is om maar net ‘n paar aktiwiteite te noem.

Ons as Takbestuur wens u almal ‘n Geseende Christus Feestyd toe en ons dink aan hulle wat die feestyd alleen sal wees. Mag die Here se genade vir ons as Bond en sy lede groot wees.

Groete
Frans